August 5, 2021

Strooiers op heter daad gevang

KIMBERLEY – Rommelstrooiers is in die veld by die ou mynhope in Floorstraat in Wes-Einde betrap, waar hulle besig was om rommel te stort, volgens ’n inwoner.

Louise Bailey, ’n inwoner van Kimberley, het ’n foto van die oortreders op Facebook gedeel. Sy sê die voorval het gistermiddag plaas gevind.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het die gemeenskap gemaan om oortreders aan die munisipaliteit te rapporteer, by vorige navraag oor die vervolging van rommelstrooiers.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *