Hierdie 4-bestanddeel pesto-hoender is gesond, eenvoudig, lekker en benodig slegs 5 minute voorbereiding.
Bestanddele:
- Hoenderborsies (soveel soos jy benodig)
- Pesto
- Mozzarellakaas
- Tamaties, in skywe gesny
Metode:
- Plaas die hoenderborsies in ’n gesmeerde oondpan. Geur met sout en peper.

Smeer ’n dik laag pesto bo-oor die hoenderborsies.

Plaas skywe Mozzarellakaas op die pesto.

Plaas dan dun gesnyde tamatie bo-op die kaas.

Bak die pesto-hoender in die oond op 180 grade totdat die hoender deurgaar is.

Sit dadelik voor.




