Oorstroming by treinspoor in Bartleplek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Stormdrein by die spoorlyn in Bartleplek in Beaconsfield is met munisipale water oorstroom.

Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê dit is die nagevolge van oortollige water van lekkasies in Sentraalweg, Austen- en Rectorystraat wat in Bartleplek in die stormwaterstelsel afstroom.