Lek in Austenstraat agter skool

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Lekkasie in Austenstraat agter Laerskool Du Toitspan veroorsaak probleme vir motoriste en inwoners.

Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê die nagevolge van die lekkasie word vererger deur water wat van Sentraalweg in Austenstraat afloop.

Die water spoel in Newtonstraat af na ’n lek by Rectorystraat. Die oortollige water vloei af in Bruntonstraat tot by ’n stormwaterafvoerstelsel in Bartleplek.