Onherstelde lekkasies veroorsaak meer probleme

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Waterlekkasies in Sentraalweg en Austenstraat veroorsaak probleme vir motoriste by die kruising by Woodburn- en Newtonstraat onder deur die duikweg in Beaconsfield.

Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê ’n gedeelte van die pad by die kruising is erg beskadig. Dit is die nagevolge van oortollige water wat van lekkasies in Sentraalweg, Austen- en Rectorystraat tot in Woodburnestraat vloei.

Die ingang waarvan die myntrokke gebruik, maak is ook by dié probleemgebied.

’n Laaigraaf het droë grond op die probleempad gegooi toe FiND iT die gebied besoek. Motoriste wat waag om daardeur te ry, staan gevaar om in die modder vas te sit.

Fourie sê die al die lekkasies is gerapporteer. FiND iT het verlede jaar oor die lek by Rectorystraat berig. Dit is steeds nie herstel nie, sê hy.