KIMBERLEY – Willem Vale, ’n fietsryer van die stad, se fiets is vanoggend deur ’n trok in stukke gery toe hy langs die pad gestop het.
Vale vertel aan FiND iT hy is baie geskok na die voorval. “Ek het van my groep afgeskei om terug te draai dorp se kant toe. Ons het omstreeks 05:00 op die Kaapstad pad uitgery. Om 05:50 het ek langs die pad gestop. My fiets was in die geel lyn. ’n Trok het vir ’n karpad gegee en bo-oor my fietsgery. Ek dink nie eers die bestuurder het my of my fiets gesien nie.”
Vale sê dit kon baie moontlik hy gewees het wat van sy fiets afgery is.
Wimpie Geyer, eienaar van Alpha Beta Cycles gee drie veiligheidswenke vir fietsryers:
- Moet nooit op jou eie ry nie. Indien iets langs die pad gebeur is jy op jou eie en is daar niemand om jou te help nie.
- Maak seker jy het ’n flikkerende rooi liggie agterop jou fiets wat duidelik sigbaar is.
- Dra so vêr as moontlik reflekterende of helder kleure.




