Geen geld vir nuwe straatname

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Ongeveer 15 gebiede, onder andere strate in Galeshewe en Ritchie, benodig straatname.

’n Munisipale advieskomitee gaan saamgestel word om die proses oor te sien. Raadslede gaan opleiding ontvang.

Obakeng Plaatje, ANC-raadslid, sê die stad het verskeie name wat aanstoot kan gee, soos Verwoerdpark wat verander moet word om met die tye aan te pas. 

Elize Niemann, DA-raadslid, het genoem dat die agenda oor die benaming van nuwe strate en nie oor die herbenoeming van strate handel nie.

Marie Byeleveld, DA-raadslid, het die erns van die saak belig toe sy uitgewys het dat kiesers ’n geldige adres benodig om te kan stem. Dit is daarom krities vir die nuwe strate om voor die volgende verkiesing benoem te wees.

Raadslede is egter bekommerd oor die begroting wat daarvoor benodig word. Daar is nog nie gepraat oor die kostes vir die herbenoeming van bestaande straatname nie.

Kyk die raadsvergadering van vanoggend hier: