Barberton: Dinge eers weer kalm

Deel hierdie storie / Share this story

Sakeondernemings en skole trek maar aan die swaar kant na die afgelope drie maande se betogings in Barberton. Na byna drie maande se onluste en chaos wat in dié dorp afgespeel het, is dinge weer kalm.

Phillip Minnaar, DA-raadslid, sê dinge is stadig maar seker besig om terug te keer na normaal. Hy sê die departement van gesondheid vergader vandag om te besluit of die skole weer binnekort gaan open.

Volgens Phillip het die betogers egter gister weer ‘n gemeenskapsaal in die dorp afgebrand en ook op ‘n ander plek in die dorp probeer om ‘n brand te stig.

“Die polisie het egter alles onder beheer en dinge begin stadig terugkeer na normaal.”

Foto: Ian Cameron Facebook-blad