Beeldmateriaal van ER-aktrise se eienaardige dood vrygestel

Deel hierdie storie / Share this story

KALIFORNIË – Polisie in die suide van Kalifornië het Maandag dramatiese beeldmateriaal vrygestel waarin die aktrise Vanessa Marquez in Augustus 2018 deur polisiebeamptes doodgeskiet is.

Volgens ’n berig deur ABC7 News begin die video waar beamptes vir ’n welstandsondersoek by haar huis instap.

Marquez het aan beamptes gesê dat sy besig is om ’n epileptiese aanval te kry.

Beamptes het aan Marquez gesê dat hulle haar vir evaluasie na ’n plaaslike hospitaal gaan neem. Volgens ABC7 News is dit toe dat sy die pistool opgetel en die beamptes het teruggeval.

Die polisie het losgebrand toe Marquez met die wapen na hulle toe beweeg het en Marquez is in die voorval dood.

Ondersoekers het die video vergroot om die geweer in Marquez se hand te sien. Dit is later bepaal dat die pistool ’n namaaksel is.

Marquez se familie het ’n saak teen stad van South Pasadena gebring vir haar dood.

Marquez was 49 jaar oud. Sy was die beste bekend vir haar rolle in ER en Stand and Deliver.

Video nie vir sensitiewe kykers nie: