R25 miljard nodig om SAL te red

Deel hierdie storie / Share this story

Ontleders voorspel die regering sal meer as die R23 miljard, wat aan die SAL gefinansier word, moet bestee om die nasionale vervoerder weer op koers te kry.

Joachim Vermooten, ’n ekonoom, sê die lugredery gaan hulle eie kontrakte moet uitkoop om voorsorg te tref vir die bestemmings wat gekanselleer is.

Volgens berigte is daar aangedui hoe SAL ook sukkel om passasiers op hul vlugte te plaas. Dit het gebeur na ’n aantal vlugte gekanselleer is. Dit het reisigers met ’n wantroue in die diens van die lugredery gelaat.

Bron: MyBroadband