Dink weer voor jy ou rekenaars weggooi

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Jy kan nie eenvoudig ou rekenaartoebehore saam met die vullis op vuilgoeddag uitsit nie.

Volgens MyBroadband word die wegmaak van ou elektroniese toerusting soos hardeskywe en batterye in Suid-Afrika deur verskeie regulasies bepaal.

Die Wet op Nasionale Omgewingsafval van 2008 vereis die toepaslike verwydering van gevaarlike afval soos batterye wat chemikalieë bevat wat ’n gevaar vir die omgewing inhou.

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) maak dit boonop noodsaaklik vir ondernemings om alle persoonlike data van elektroniese afval te verwyder om werknemers en kliënte te beskerm. 

Volgens MyBroadband is dus beide ondernemings en individue verplig om op ’n verantwoordelike manier van hul ou elektroniese toerusting ontslae te raak om nakoming van die nodige wetgewing te verseker.