Dis een van die lekkerste geregte wat ooit opgeteken is in ons kosgeskiedenis. Net soos wat Ouma altyd gemaak het.
Bestanddele:
- 750 ml gaar, fyngedrukte pampoen
- 2 eiers
- 5 ml sout
- 500 ml bruismeel
- 15 ml bakpoeier
- 500 ml olie om die poffertjies in te braai.
Stroop:
- 500 ml suiker
- 250 ml water
- 30 ml botter
- sout
- 10 ml mielieblom
Metode:
- Klop die gaar, fyngedrukte pampoen, eiers en sout bymekaar.
- Meng die bakpoeier en bruismeel by.
- Verhit die olie in ’n pan en skep lepels vol van die beslag in die warm olie.
- Draai om as dit bruin is en dreineer op kombuispapier in ’n bak.
- Hou dit warm.
Maak die sous:
- Mikrogolf die suiker, melk, water en botter vir vyf minute.
- Roer dit totdat die suiker opgelos is.
- Meng die mielieblom met ’n klein bietjie water totdat dit glad is.
- Roer dit by die suikermengsel en mikrogolf vir nog twee minute.
- Gooi die warm stroop oor die warm poffertjies.




