170 jaar tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

Durban – Nonhlanhla Khoza, die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, verwelkom die lang vonnis wat aan ‘n voormalige lid van die Suid-Afrikaanse weermag opgelê is wat sy meisie se suster drie jaar gelede vermoor het.

Thembinkosi Ngcobo is Vrydag 28 Februarie in die hooggeregshof in Durban tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Ngcobo is tot 170 jaar tronkstraf op 12 aanklagte van poging tot moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie gevonnis.  

Khoza sê Ngcobo het amper 12 uur lankk vanaf die Noord-Kaap na Inanda in Durban gery om sy meisie se lewe te beëindig.

Bron: IOL