Vermiste persoon: soektog duur voort

Deel hierdie storie / Share this story

PELLA, NOORD-KAAP- Die polisie is op soek na Gert Watt, bekend as Ouderman (55), wat op 10 Februarie 2020 op Pella vermis geraak het.

Watt is laas deur ’n medewerker op ’n plaas net buite Pella gesien waar hy as skaapwagter werk. Hy was geklee in ’n blou oorpak en ’n oorpakbroek met ’n rooi pet. Hy is slank, het bruin oë en swart hare.

Watt is op 13 Februarie 2020 as vermis aangemeld. Die polisie, soek-en-reddingseenheid, honde-eenheid en die gemeenskap van Pella het ’n soektog na Watt begin.

Enigiemand met inligting rakende Watt se doen en late word versoek om die ondersoekbeampte, adjudant offisier Jerome van Schalkwyk by 082 495 4789 te skakel.

 Die ondersoek duur voort.