HNK-eerstespan klop Hoërskool Sentraal

Deel hierdie storie / Share this story

Hoërskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan het die naweek by Frichardtpark in Bloemfontein teen Hoërskool Sentraal gespeel.

Teen die einde van die eerste helfte van die wedstryd was die telling 29 punte teenoor 5 punte in Hoërskool Noord-Kaap se guns.

Hoërskool Noord-Kaap het die wedstryd met 69 punte teenoor 5 punte gewen.

Die spelers wat almal drieë gedruk het, was JJ Molete (3), Corne du Plessis (2), Jayden Eiman (1), Devanito Vergotine (1), Mcniel Cuvido (1), Franco Stassen (1), Bradley Human (1) en Douglas le Bretton (1).

Die doelskoppe (7) is deur Corne du Plessis geskop.

Dit was ’n uitstekende spanpoging.
Spesifiek JJ Molete en Aviwe Mpepo het tydens die wedstryd uitgestaan.

Die ander rugbyspanne wat aan die sportdag deelgeneem het, was die o14-span, wat 28 – 5 gewen het, die o15-span wat met 36 punte teenoor 12 gewen het, die o16-span wat met 6 punte teenoor 23 verloor het en die o19 B-span wat met 7 – 7 gelykop gespeel het.

Die netbalspanne wat aan hierdie sportdag deelgeneem het, was die o15 A-span, wat met 5 punte teenoor 15 verloor het, die o15 B-span, wat met een punt teenoor 22 verloor het, die o19 A-span wat met 17 teenoor 49 verloor het, die o14 A-span, wat met 8 punte teenoor 18 verloor het en die 014 B-span wat met 2 teenoor 9 verloor het.

FiND iT is trots daarop om te sê dat ons die skool borg.