Skrikkeldag: Dís hoekom

Deel hierdie storie / Share this story

Hoekom is daar ’n ekstra dag in dié maand? Dit neem die aarde ongeveer 365,25 dae om om die son te wentel. Hierdie ekstra 0,25 dra dan by tot die ekstra dag wat elke vierde jaar by ons kalenders bygevoeg word.

In wese is die mensgemaakte kalenderjaar korter as die eintlike sonjaar. Volgens Earthsky.org sal die kalenderjaar mettertyd redelik verskil van die sonjaar. As die kalenderjaar sonder regstelling met 0,25 van ’n dag per jaar agter raak, sal dit na 100 jaar 25 dae agter wees.