POSTMASBURG – Agt verdagtes is gedurende ’n gesamentlike misdaadsvoorkomingsveldtog op 28 Februarie 2020 op Postmasburg in hegtenis geneem.
Kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op verskillende plekke gestop en die verdagtes deursoek. Die polisie het gesteelde goedere, ter waarde van ongeveer R10 000, in agt persone se besit gevind. Meeste van die gesteelde goedere was by groot winkels op Postmasburg gesteel.
Volgens kol. Mooi verskyn die agt verdagtes binnekort in die landdroshof op Postmasburg.




