Transitoroof – N6 na Reddersburg tydelik gesluit

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN – Die N6 tussen Bloemfontein en Reddersburg is glo na ’n transitorooftog vanoggend omstreeks 05:40 op die pad gesluit.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoeder, sê verdagtes in twee voertuie, ’n wit BMW en ’n silwer Mercedes Benz, het op ’n G4S-voertuig begin skiet toe hulle in die rigting van Reddersburg gery het.

Mbambo sê die voertuig is tot stilstand gebring. Gelukkig het die veiligheidswagte daarin geslaag om na veiligheid te hardloop en geen beserings is op die toneel aangemeld nie.

Die voertuig is opgeblaas en verdagtes het daarin slaag om met ’n onbekende som geld te vlug, sê Mbambo.

Volgens ’n boodskap wat op WhatsApp aangestuur is, word motoriste gemaan om van ’n alternatiewe roete tussen die twee dorpe gebruik te maak.