Tazos is ronde sirkelvormige skywe wat as promosie-items met produkte van Frito-Lay en sy filiale regoor die wêreld versprei is.
Die idee agter Tazos het soortgelyk aan Pogs begin – elke Tazo bevat ’n telling . ’n Wedstryd word tussen spelers gespeel om mekaar se Tazos “te wen”.
Tazos het in 1994 met ’n stel van 100 skywe met die beelde van Looney Tunes-karakters en 124 Tiny Toons-tazo’s begin. Die skywe is by die produkte van Sabritas, ’n Mexikaanse versnaperingsonderneming gevoeg en is vernoem na die uitdrukking taconazo (om met die hak te skop) wat verwys na ’n ander gewilde skoolspeletjie in Mexiko, waar kinders bottels met hul skoene oopmaak om te kyk wie doppe die verste kan skiet.







