Kathu-man in hegtenis vir 1 kg tik

Deel hierdie storie / Share this story

KATHU – Die polisie in Kathu het op 22 Februarie ‘n 33-jarige man vir dwelmhandel in hegtenis geneem.

Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, is die man se huis deursoek na ‘n klag van gesinsgeweld aangemeld is. Die polisie het, met die deursoek van die huis, byna ‘n kilogram tik op die perseel gevind.

Die man kom binnekort in die landdroshof voor.