Twee mans vir moord gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

KURUMAN – Lesego Lucky Nzondo en Boitshoko Mosutlhi is albei in die Mothibistad-streekhof vir moord gevonnis ná hulle ’n slagoffer in ’n taverne in Batlharos met messe gesteek het.

Volgens Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder, is die slagoffer gehospitaliseer en het later aan sy wonde beswyk. Nzondo en Mosutlhi is op die dag van die voorval gearresteer, sê Letsapa.

Nzondo is 12 jaar tronkstraf en Mosutlhi 18 jaar opgelê.

Kol. Sophie Masombuka, bevelvoerder van die Batlharos-polisiekantoor, het die ondersoekbeampte, sers. Lapologa Billy Ntepang, vir sy uitmuntende ondersoek bedank.

Sers. Mosimaneotsile Letsapa.