Fontein in die teerpad

Deel hierdie storie / Share this story

Elsebe van Niekerk, inwoner van Winterberglaan in Carters Glen, spreek haar kommer uit oor die lekkasie in dié straat.

Volgens Van Niekerk was die munisipaliteit al vier keer daar om die lekkasie te herstel, maar elke keer min of meer ‘n week later, bars die pyp en stroom die water weer in die straat af.

Die eintlike ding wat van Niekerk die meeste bekommer, is die plek waar die pyp besig is om die teer op te stoot. “Die teer gaan binnekort ingee en dan gaan die water meters hoog die lug in spuit.”

FiND It het by die munisipaliteit navraag gedoen oor die herstel van die pyp en wag nog vir terugvoer.