Die polisie in die Frances Baard-distrik het onbeplande besoeke aan skole in dié distrik gemaak om leerlinge te deursoek. Deel van hierdie besoek was om die leerlinge in die skole bewus te maak van hoe belangrik veiligheid is.
Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het die polisie gevaarlike wapens soos messe, gebreekte stukkie spieëls, skêre, sigarette en dagga by sommige van die leerlinge gekonfiskeer.
Klaskamers, toilette, sportfasiliteite en die buitenste areas van die skole is ook deursoek.




