SUID-AFRIKA – Bier, wyn, vonkelwyn, sigarette, roltabak en brandstof pryse gaan op wanneer die begroting vir 2020 aan die begin van Maart in werking tree.
Tito Mboweni, minister van finansies, het die verhogings vanoggend tydens sy begrotingtoespraak vir 2020 bekendgestel.
Sondeblasting vir 2020:
- Blik bier of sider van 340 ml gaan ’n ekstra 8c kos;
- 750 ml bottel wyn gaan ’n ekstra 14c kos;
- 750 ml bottel vonkelwyn ’n ekstra 61c;
- Bottel spiritus van 750 ml, insluitend whisky, gin of vodka, sal met R2.89 styg
- Pakkie 20 sigarette ’n ekstra 74c;
- 25 Gram pyptabak 40c meer;
- Sigaar van 23 gram gaan R6.73 meer kos;
Mboweni sê egter is hy bly om aan te kondig dat daar geen verhoging op sorghumbier gaan wees nie.
Brandstofheffing gaan op
Mboweni sê om aan te pas vir inflasie gaan die brandstofheffing met 25 sent per liter styg, waarvan 16 sent vir die algemene brandstofheffing en 9 sent vir die heffing vir die padongelukkefonds is.



