SENEKAL – ’n 43-Jarige manlike sekuriteitswag van Senekal is deur twee mans beroof en verkrag.
Brig. Motantsi Sam Makhele, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het op 21 Februarie omstreeks 21:30 van die werk af gekom toe hy deur die twee verdagtes aangeval is.
Die verdagtes het slagoffer na bewering met ’n mes gedreig en hom van sy selfoon en kontant beroof. Hulle het hom daarna kaal laat uittrek en die verdagtes het beurte gemaak om hom te verkrag voordat hulle hom alleen daar gelos en gevlug het, sê Makhele.
Die slagoffer het tot by die Senekal-polisiekantoor geloop om dit te rapporteer. Behalwe dat die verdagtes Sesotho gepraat het, kon die slagoffer nie hulle uitken nie.
Enigeen met inligting oor die saak kan vir speurder-konst. Modikwe Lesetla by 082 554 2004 skakel.
Die ondersoek duur voort.



