KIMBERLEY – Op die aand van 25 Februarie 2020 het oortreders by ’n huis in Herlear probeer inbreek.
Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, sê die buurtwag het vinnig gereageer. “Dit kom voor asof die oortreders oor die muur geklim het en by die huis se agterdeur probeer inbreek het.”
Hulle kon gelukkig nie die huis binnekom nie en het ook niks gesteel nie. Hulle het vir die manne van die buurtwag, wat kort op hul spoor was, geskrik en het die hasepad gekies.



