GAUTENG – Lindokuhle Masuku, ’n 14-jarige leerder aan Hoërskool Queens in Johannesburg is Maandagmiddag, terwyl hy buite sy skool gewag het, ontvoer.
Volgens ’n persverklaring deur die onderwysdepartement in Gauteng het Masuku vir sy vervoeg gewag, toe hy ontvoer is.
Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê na bewering het die ontvoerders ’n losprys van R5 miljoen geëis vir sy vrylating.
Nog ’n leerder vermis
In nog ’n voorval het Kate Spies (15), ’n graad 8 leerder van Hoërskool Lantern vermis geword. Haar ouers sê hulle het Dinsdagmiddag gery om haar na skool op te tel, maar sy was nie daar nie.
Die omstandighede van haar verdwyning is nog onbekend.
Bron: NEWS24



