Dwelmhandel: Drie vasgetrek op Olifantshoek

Deel hierdie storie / Share this story

Drie vermeende dwelmhandelaars is Dinsdag 25 Februarie op Olifantshoek in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Olebogeng Tau Tawana, polisiewoordvoerder, is twee persele op Skerpdraai, Olifantshoek deursoek en R54 225 se dwelms in totaal gevind en gekonfiskeer.

Die drie verdagtes sal Woensdag 26 Februarie in die landdroshof op Olifantshoek verskyn.