Slaggat se Gat!

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Hoeveel bande het Kimberliete nie al weens slaggat-skade op hul voertuie laat vervang nie? Hoeveel keer, voertuigeienaar, moet jy nóg deur dieselfde slaggat ry voor iemand besluit genoeg is nou genoeg?

Hoeveel keer word “ag vervlaks” nie daagliks uitgeroep as gevolg van die lelike slaggate wat jou voertuig se bande letterlik in die slag laat bly nie?

Slaggate wat totsiens sê

Die slaggat se gat-manne is op 24 Februarie 2020 hard aan die werk by die vierrigting-stop in Memorial- en Synagoguestraat. Die slaggate word al sedert vroegoggend opgevul.

Nie meer lank nie, voertuigeienaar, dan kan jy in díé strate ry sonder om vir ’n slaggat pad te gee.

Vele hande maak ligte werk

Rudi Ferreira, projekleier van slaggat se gat en bedryfshoof van FiND iT, sê meer as 1000 slaggate is reeds reggemaak en in geheel is meer as 1000 vierkante meter reeds toegemaak. “Die reën het ons taamlik opgehou, maar ons is nou weer aan die gang. Hou in gedagte dat van die strate moes ons oor uitsny en dan oor teer wat langer vat en die proses duurder maak.”

Die doelwit van die projek is om 6000 slaggate voor Julie in 2020 op te vul.

Trotse borge van Slaggat se Gat

Beefmaster en AfriForum het onder andere nie op hulle laat wag om deel van die projek te word nie. Met ruim bedrae wat van beide borge ingesamel is, het die Slaggat se Gat-veldtog reeds as ’n sukses afgeskop.   

Ander borge sluit in:

Afriforum – Ian Smith – R80 000

Beefmaster – Louw van Reenen – R50 000

Horseshoe – Larry Schoeman – R5000

Dentists @ Memorial – Carlo Grebe – R2500

Chimanuka – Ketsi Babuseng – R5000

Remax – Esti Potgieter – R5000

CLR Electrical – Wouter & JP Liebenberg – R2000

NTLO Signs and Automation Christo Snyman – R3000

Engelsman & Magabane Prokureurs – R10 000

Civic Motors – Pieter van Niekerk – R2500                                      

TRS Transformers – André du Toit – R3000

PC Struwig Panelbeaters – Peet Struwig – R5000

Toplay Country Eggs – Barry & Bernard Gerber- R3000

MK8 Diamonds – Mynhard Koen – R2500

NTT Volkswagen – Paul Kok & Du Toit Odendal – R4000

Cell C – Muishond Malan -R5000

CTM – Hannes Bruwer – R2500

Human Auto Ford – Dewald en Karen Human -R2500

National Auto Glass – Edrich Lubbe – R2500

Barney du Plessis – GVS Makelaars – R2500

Derek Corns -R5000

Slaggate is sover in die strate gemaak:

Bebington

Jawno

Lowndes

Rind

Kekewich

Ayliff

MacDougal

Main Rd

Hercules

Carrington

 CBC

Memorial & Synagogue

Strate wat volgende op die lys is:

Conrad

Halket

Ortlepp

Frazer