SAPS probeer kabeldiefstal verminder

Deel hierdie storie / Share this story

Die gevalle van kabeldiefstal wat in die laaste tyd in en rondom Kimberley voorgekom het, het ’n geweldige groot impak op die infrastruktuur en die samelewing. Die Roodepan-polisie het besluit om die gemeenskap bewus te maak van die probleem.

Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het die Roodepan-polisie en die misdaadsvoorkomingseenheid ’n bewusmakingsveldtog begin om die gemeenskap in te lig van die ysterhoudende en nie-ysterhoudende kabels asook die impak wat die kabeldiefstal op die infrastruktuur het.

Lede het inligtingspamflette in Roodepan uitgedeel. Die gemeenskap word aangemoedig om gesteelde goedere van die hand te wys en dit nie te koop nie.