Diewe op Ruddhouse se trappe betrap

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Sowaar sal nie net koper nie, maar aluminium ook gesteel word.

Op 22 Februarie 2020 omstreeks 17:00 is twee diewe by die Ruddhouse in Kimberley op heterdaad betrap.

Dawie Griesel, hoof van veiligheid vir AfriForum in Kimberley, sê die sekuriteitswagte van die Herlear-buurtwag het hul goed van hul taak gekwyt. “Die buurtwag was vinnig op hul pos. Die wagte het die twee mans betrap toe hulle met die aluminium op die boonste trap probeer wegkruip het.”

Die twee mans is deur die polisie verwyder.