KIMBERLEY – ’n Gedeelte van Mainstraat se straatligte in Herlear is al vir ’n geruime tyd uit.
Die gedeelte tussen Olympia- en Opheliastraat is bekend vir ongelukke. Met ’n aantal voertuie en voetgangers wat deur die donker gebied beweeg, is dit ’n resep vir ’n katastrofe.
Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê die straatligte is reeds gerapporteer.
FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen.



