Probeer gerus hierdie resep vir Amarula-fudge met net vyf bestanddele.
- ½ koppie botter, in blokkies gesny
- 2 koppies strooisuiker
- 1 blikkie kondensmelk
- ½ koppie Amarula-likeur
- 1 teelepel vanielje-geursel
Smelt eers die botter in ‘n pan. Hou die plaat aan en meng dan die strooisuiker by die botter en gooi die blikkie kondensmelk by. Voeg dan ½ koppie Amarula-likeur by die mengsel en roer op hitte vir 15 minute.
Voeg dan die 5 ml vanielje-geursel by. Gooi dit uit in ‘n bak en los vir 5 – 10 minute. Sny die fudge in blokkies en los dit vir 2 ure om hard te word.



