Mabilo op verrassingsbesoek by lekkasie in Waterwerkestraat

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Patrick Mabilo, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het ’n verrassingsbesoek by ’n lekkasie in Waterwerkestraat in New Park gebring.

Mabilo sê die onbeplande besoek volg na ’n berig dat water deur dié straat spoel.

Die burgemeester was egter gelukkig om te vind dat werkers van die waterwerke-afdeling reeds besig was om die probleem te herstel.