KIMBERLEY – Die Hoërskool Noord-Kaap se Nashua Pirates-gholfdag het op Vrydag 21 Februarie 2020 by die Kimberley-gholfklub plaasgevind.
Altesaam 18 spanne ingeskryf en aan die dag deelgeneem. Die dag was ’n reusesukses. Hoërskool Noord-Kaap is baie opgewonde oor die toekoms van hierdie gholfdag.
Hoërskool Noord-Kaap het mnr. Deon Carney, organiseerder van die gholfdag en die rugbyafrigter van Hoërskool Noord-Kaap, en sy span vir ’n puik dag op die gholfbaan bedank.
Carney sê: “Baie dankie aan alle deelnemers vir julle deelname en ondersteuning.”
Groot dank word ook uitgespreek aan al die borge van die dag: Nashua, FiND iT in Kimberley, Exclusive Nutrition, Beefmaster, Oasis Water, Dentists @ Memorial en Van Zyl’s Vleis. “Julle ondersteuning word opreg waardeer,” sê Carney.
In die foto is van die Hoërskool Noord-Kaap se personeel saam met Allan Donald, oud-krieketspeler van die Proteas en Knights-afrigter, saam met sy Knights-span wat deelgeneem het.




