KIMBERLEY- Dertien atlete van Hoërskool Noord-Kaap het op Saterdag 22 Februarie 2020 aan die Frances Baard-atletiekbyeenkoms deelgeneem.
Die atlete het altesaam aan 21 items deelgeneem en ook met 21 medaljes weggestap.
Hoërskool Noord-Kaap is trots op die atlete vir hul uitsonderlike prestasies.
Vyf van die atlete het ook gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem.
Hierdie atlete is: Keante Pienaar, Omphile Leepile, Breyton Daniels, Eldridge Jack en Carlo Cupido.
Die uitslae van die atlete is soos volg:
Keante Pienaar goue medaljes en nuwe rekords vir beide die seuns o/15 se 100 m en 200 m behaal.
Omphile Leepile het vir die meisies o/15 se 100 m, 200 m en verspring goue medaljes behaal.
Eldridge Jack het vir seuns o/15 se verspring ’n goue en vir die 100 m ’n silwermedalje behaal.
Carlo Cupido het vir die seuns o/15 se 200 m ’n silwermedalje behaal.
Breyton Daniels het vir die seuns o/17 se 100 m ’n bronsmedalje behaal.



