September 24, 2021

Wie loer vir jou?

KIMBERLEY – Wanneer laas het jy die onheilspellende roep van ’n uil gehoor? Beter nog, wanneer laas het jy een gesien?

Patricia Jacobs, ’n inwoner van Homevale, het aan FiND iT vertel hoe sy vir dae lank ’n fluitgeluid gehoor het. “Ek het my nie veel daaraan gesteur nie tot my vriendin vir my gesê het ek moet in my boom kyk. Wraggies, daar sit en loer hy vir my. ’n Nonnetjie-uil.”

Die verskyning van die uil het baie reaksie van die gemeenskap gelok. Baie inwoners het vir ure lank onder die boom gestaan en na die uiltjie gestaar.

 Die nonnetjie-uil het buitengewoon klein, swart ogies en ’n hartvormige gesigslyn.  

Jacobs sê: “Die uil is my gelukbringer.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *