KIMBERLEY – Drie atlete van die Kimberley Diamond-stoeiklub het op 22 Februarie 2020 aan die Oos-Gaunteng ope kampioenskap by Carnival City deelgeneem.
Reginald Colosa, Minette Kruger en Sebastiaan Fourie het Kimberley se naam tydens die kampioenskap hoog gehou.
Colosa het in die kategorie van Greco-Roman-styl met die goud weggestap en het brons in die vry-styl kategorie verwerf.
Kruger wen die kategorie van president junior meisies en stap ook met die goud vir meisies o/15 weg. Sy het ook die vierde plek vir stoei teen seuns o/13 verwerf.
Fourie se deelname was 15de in die vry-styl seuns o/13 stoei.
Die drie atlete het hul goed van hul taak gekwyt. Hulle is beslis stoeiers waarmee daar níé gesukkel moet word nie.
Daar was altesaam 635 stoeiers wat aan die kampioenskap deelgeneem het. Tussen al die stoeiers het daar 150 wedstryde op sewe verskillende stoei-matte plaasgevind.




