Gholfdag vir bevordering van rugby

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die hoof doel vir Hoërskool Noord-Kaap se gholfdag is om geld vir rugby in te samel.

Gerrit Myburgh, hoof van sport en bemarking by dié skool, sê dit is die eerste gholfdag van die skool waarby hy betrokke is. Dit gaan ’n jaarlikse instelling word.

Myburgh sê die geld gaan op uitgawes vir die skool se rugby, onder andere toerusting en toere, bestee word.

Nashua is die hoofborg van die gholfdag.