WARRENTON – Op 20 Februarie 2020 het dr. Zamani Saul, die premier van die Noord-Kaap, met die gemeenskap van Warrenton vergader om terugvoering te gee oor sake wat kommerwekkend is. Hierdie bekommernisse van die Warrenton-gemeenskap is in ’n onlangse memorandum aan die kantoor van die premier gestuur.
FiND iT was regstreeks in Warrenton om die opname te maak vanwaar die premier die gemeenskap toegespreek het.
Premier Saul het die LUR van COGHSTA versoek om ’n span te stig wat ondersoek teen alle bewerings, veral teen die senior bestuurders in die Magareng-munisipaliteit, sal instel. Inligting oor hierdie ondersoek sal deurgegee word namate die ondersoek vorder.
Die premier het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om op alle vlakke met die regering saam te werk om blywende oplossings te vind vir die probleme wat Warrenton teister.



