Boelie-slagoffer glimlag weer

Deel hierdie storie / Share this story

Die 9-jarige slagoffer van die boelies by ‘n skool in Queensland, gaan nou Saterdagaand saam met die Indigenous NRL All Stars op die veld draf.

Die NRL het gistermiddag aangekondig Quaden Bayles, die seun wat op gister se video in trane was oor boelies by die skool, gaan saam met hulle op die veld draf.

Latrell Mitchell, die span se heelagter, het op ‘n video op Twitter aan Quaden gesê hy en sy hele span wil net die beste vir hom hê. Mitchell sê ten spyte van die feit dat Quaden deur ‘n moeilike tyd gaan, hulle daar is om hom te ondersteun.

Foto: Die 9-jarige Quaden glimlag weer.