Yarraka Bayles het onlangs ‘n video van haar 9-jarige seun op Facebook gedeel na ‘n insident met ‘n boelie hom verskriklik ontstel het. Die seun is ‘n leerling by die Carina State School in Australië en is met Achondroplasia, ‘n vorm van dwergisme, gebore.
Volgens Bayles het sy en haar dogter by die skool gestop om haar seun te gaan haal. Die ander leerlinge by die skool het die seun op sy kop getik en hom gespot oor hoe kort hy is. Hy wou nie hê dat sy ma by die skool ‘n groot storie oor die insident maak nie en het in die kar geklim en begin huil. In die video hoor mens herhaaldelik hoe die 9-jarige vir sy ma vertel hy wil homself doodmaak.
Bayles wil graag hê ouers en kinders regoor die wêreld moet bewus raak van die impak wat boelies op kinders het. Sy sê boelies en gevalle soos dié is die rede dat soveel kinders deesdae selfdood pleeg.



