KIMBERLEY – Die Posmasburg-polisie vra die gemeenskap se samewerking in hulle soektog na Mogomotsi Desiree Gondwe.
Gondwe is laas gesien op Dinsdag 18 Februarie 2020. Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, was sy laas op die Danielskuil-pad en Middelpos-plaas in die Noord-Kaap. Sy het ’n oranjekleurige broek en ’n grys T-hemp aangehad.
Enigiemand met inligting oor waar Gondwe kan wees, skakel asseblief Crime Stop by 086 001 0111, die Posmasburg-polisiekantoor by 053 313 9300 of vir lt.-kol. Witbooi by 082 495 4692.



