Dwelmhandelaar in Kakamas vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

KAKAMAS – ’n Man (27) is op 19 Februarie 2020 in hegtenis geneem na die polisie op ’n dwelmstrooptog in Kakamas was.

Volgens kol. Mashay Gamieldien is daar op ’n perseel in die dorp tik ter waarde van R16 200, wat in die grond begrawe was, gevind. Die polisie het ook R5 222 kontant op die perseel gevind en gekonfiskeer.

Die 27-jarige verdagte sal binnekort in die landdroshof op Kakamas verskyn.