R1,5 miljoen se dagga gekonfiskeer

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON – Die polisie op Upington het inligting opgevolg in verband met dwelms wat op die N1 naby Upington van Lesotho af word.

Volgens kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het die polisie die verdagte blou Toyota Camry ongeveer 30 km buite Upington gewaar. Toe die polisie die motorvoertuig aftrek, het die verdagtes gestop en toe die veld in gevlug. Die polisie het hul agternagesit en die twee verdagtes minute later in hegtenis geneem.

Met die deursoek van die motorvoertuig het die polisie dagga ter waarde van R1,5 miljoen gevind.