SUID-AFRIKA – Jou gesig is wat jou uniek maak.
Dit is ’n komplekse landskap van vel, spiere en uitdrukkings.
Wie jy is, wat jy dink en voel en jou voornemens word in jou gesigsuitdrukking onthul.
Alhoewel ons nie baie aandag aan ons gesig gee nie, is dit een van die mees komplekse strukture van die menslike anatomie.
Jou gesig bevat altesaam 14 bene, 40 spiere en 32 tande. Sonder al hierdie bene, spiere en tande sou jy nie kon eet, praat, kommunikeer, gevoelens uitdruk of soen nie.
Jou gesig is om verskeie redes interessanter as wat jy gedink het:
- Dit verg die samewerking van 11 spiere om te frons.
- Dit neem 12 spiere in jou gesig om ’n opregte glimlag te vorm.
- Jy kan ongeveer 10 000 unieke gesigsuitdrukkings maak.
- Daar is ses universele gesigsuitdrukkings: gelukkig, hartseer, kwaad, gewalg, verbaas en bang.
- Ware geluk word in jou oë geopenbaar, ware hartseer word in die spiere van ons ken geopenbaar.
- As jou gesigsuitdrukking opreg is, is dit meer simmetries as ’n aangeplakte gesigsuitdrukking.
- Daar is 21 mimetiese gesigspiere . Dit is die enigste spiere in jou liggaam wat direk aan jou vel geheg is. Hierdie is die spiere wat gesigsuitdrukkings skep.
- Dit is byna onmoontlik om die spierbewegings van die boonste helfte van jou gesig rondom jou oë te vervals. Dit bewys dat ’n opregte glimlag jou oë regtig laat ophelder.
- Jy kan die spiere van jou mond bewustelik manipuleer om te glimlag. Dit laat jou toe om voor te gee dat jy gelukkig is.
- Kuiltjies is oorerflik en word deur ’n verkorte spier veroorsaak. Wanneer jy glimlag, trek die spiere dwars oor jou vel, wat ’n kuiltjie maak.
- Jy het 19 soorte glimlagte wat in twee kategorieë verdeel kan word: beleefde glimlagte wat minder spiere betrek. Dan is daar opregte glimlagte wat meer spiere aan albei kante van jou gesig laat saamtrek.
- Jou gesig bestaan uit 14 bene.
- Die kakebeen is die enigste beenseksie van die gesig wat kan beweeg.
- Jou ore en neus bestaan uit buigsame weefsel wat as kraakbeen bekendstaan.
- Soos wat jy ouer word, word jou neus langer en jou ore hou ook nooit op om te groei nie.
- Soos wat jy verouder, kan jy beenmassa verloor. Dit sluit die bene in jou gesig in. Namate jy ouer word, kan jou gesig regtig krimp.
Laastens, dit verg 50% meer spiere om saam te trek om ’n frons te vorm as om te glimlag.
Glimlag eerder as om te frons. Lagplooie lyk ook mooier as ’n treinspoor wat tussen die oë vorm.



