NOORD-KAAP – Dr. Zamani Saul, die premier van die Noord-Kaap, neem vandag aan die Staatsrede debat van 2020 deel.
Die tema van die debat is ’n opvolg op die parlement se verbintenis en belofte aan die nasie. Om Suid-Afrika ekonomies te laat groei en om ’n beter toekoms vir die land te bewerkstellig.
Die gesamentlike sitting van die parlement is geskeduleer vir14:00 tot 20:00 sal regstreeks op DSTV-kanaal 408 uitgesaai word.
Die premier sal sy visie vir die provinsie tydens die debat uiteensit.



