KwaZulu-Natal – Twee kinders van agt en nege jaar oud is beseer toe ’n bakkie Maandag in ’n huis in KwaZulu-Natal vasgejaag het. Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die motor verloor. Die bestuurder het glo van die toneel gevlug. Die kinders is in die hospitaal opgeneem.
Bron: Netwerk24



