Eienaar van verlore selfoon by mall opgespoor

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die eienaar van ’n selfoon wat by ’n mall in Kimberley opgetel is, is gevind.

’n Beroep is op sosiale media gedoen dat die persoon wat ’n selfoon by ’n mall in die stad verloor het, dit moet kom haal.

’n Lesser het die boodskap, wat op ’n WhatsApp-groep gedeel is, aan FiND iT gestuur.

Sekuriteit by die mall het bevestig dat die foon aan die eienaar, ’n vrou, terugbesorg is.