ROODEPAN – Die Roodepan polisie het op 17 Februarie die Laerskool Pescodia in hul #veiligerskole-veldtog besoek.
Hierdie veldtog wat die polisie begin het, fokus grotendeels daarop om kinders bewus te maak van dwelms, alkohol, boelies by die skool, gevaarlike wapens, seksuele mishandeling en vele meer.
Verskeie skole in die Roodepan-gebied gaan gedurende die res van die maand deur die SAPS besoek word.




